Welkom by die gebedsklub. Ons vertrou God om hierdie ‘n veilige tuiste te maak vir konservatiewe, Bybel-gebaseerde Christene! As u inhoud vind wat nie Bybels is nie – terwyl u nederig verskoon enige geringe verskille in lering tussen Godsmanne. - dan sal ons versigtig en biddend oorweeg wat u sê. Ons het al materiaal verwyder nadat ons waarskuwings ontvang het van die publiek. Ons skrap egter nie om bloot mense te plesier nie, maar waardeer enige besware wat water hou. Ons by praterclub.net is ‘n groep Bybel gefundeerde Christene van regoor die wêreld wat glo dat Jesus Christus die enigste weg is na die hemel en in die Bybel as die geinspireerde Woord van God. Ons vertrou dat die Here hierdie tuiste sal gebruik om geestelike soldate op te rig en lewens radikaal te transformeer. Ons verlang om Christene en kerke terug te bring na die plek waar God eerste in hul lewens is ten alle koste! Ons glo dat Jesus ons fondament is, die Bybel is ons padkaart en gehoorsaamheid is die pad.
Toe ek ‘n klein seuntjie was, het ‘n vriend van my selfmoord gepleeg. Ek het al gehuil as ek dink hoe anders dit sou gewees het as hy die inhoud van hierdie boekie kon geweet het. Vir hom is dit te laat daarvoor, maar ek kan jou vertel! ...
Daar is baie dinge 'n mens moet weet om geestelik te kan grooi, maar wat het 'n Baba nodig? Dis Melk. Wat is die belangrikste kos vir die Nuwe Christen? Dis die woord van God! Lees hoe om 'n stiltetyd met God daagliks te ervaar.