Sermons2   Hymns2 

Literature2   Digkuns

Uitgewys2 Uwitnessicon  

Gebeure Preke

‘n Moeder en Vrou- ‘n Geskenk van God


‘n Moeder en Vrou- ‘n Geskenk van God - Dr Franscois Carr

 

Dit is weer Mei-maand.  Dit is die tyd van die jaar wat die media en veral die vroue tydskrifte ons herinner aan Moedersdag.  ‘n Tyd wat ons opnuut weer laat dink, selfs terugdink en verlang na ons kinderjare, ons skooljare en ons eerste huweliksjare.  Ons dink terug aan die liefde en opofferring van ‘n ouma, ‘n moeder en ons ou vroutjies.   Valentynsdag is pas verby waar ons blomme, kaartjies en sjokalade gekoop het om op ‘n praktiese en heel dikwels romantiese wyse ons liefde betoon het.  Sommige het selfs ‘n spesiale ete of wegbreek naweek beplan om alleen te wees.

Moedersdag voel vir my soos ‘n Valentynsdag - word vervolg.  Ons koop weer blomme, kaartjies en sjokalade, maar die keer is die fokus nie soseer op die romantiese wegbreek nie, maar eerder ‘n dag wat ons opnuut herinner aan die liefde en heel dikwels opofferringe van ‘n geliefde sodat ons ons dank en waardering teenoor hulle kan betoon.

Ouma kry ‘n kaartjie omdat ons dink aan al die lekker beskuit, koekies en heerlike boerekos en resepte waaraan ons so gesmul het.
Ma kry ‘n kaartjie, oproep en besoekie om dankie te se vir al die kospakkies, skool aktiwiteite en geheime wat ons gedeel het waarvan pa vandag nog niks weet nie.
Vroutjie kry ook ‘n kaartjie, bos blomme en ‘n lekker uiteet om dankie te se vir al die sakke sout en swaarkry wat ons saam moes opeet en verduur het en dat sy ten midde van ‘n groeiende middellyf en minder hare nog steeds by ons bly.


Vrouens en veral moeders was baie belangrik vir die Here Jesus.  Hy het tyd gemaak vir hulle en hulle bemoedig, uitgelig, vrygemaak, vereer en het hulle gebruik om ‘n verskil te maak.   Ons lees o.a van:

Debora wat die volk Israel gerig het.
Hannah wat gebid het vir en die kindjie Samuel vir die Here grootgemaak het.
Maria, die prostituut van Magdala aan wie Hy guns betoon het.
Maria, die moeder van Jesus wat Hy vereer het.
Susannah wat in die agtergrond vir Charles Spurgeon, die Prins van Predikers ondersteun het in die bediening.
Getrude Chambers wat die boodskappe van Oswald saamgestel het na sy dood in die boek; My Allerbeste vir Sy hoogste wat vandag vir duisende seen.
Miljoene vroue en moeders wat daagliks deur God geseen en volgens hulle gawes en talente gebruik word, bewustelik en onbewustelik. Sommige in die agtergrond van besige huishoudings en ander op komitees en projekte in die gemeenskap.
Elke vrou is ‘n geskenk van God en is vandag nog steeds belangrik vir die Here Jesus en elkeen het ‘n spesiale rol om te vervul en is en word steeds deur Hom gebruik as deel van Sy ewigheidsplan.  Ons lees in Spreuke 31 van ‘n knap vrou en moeder wie se deugde besing word.   Sy was ‘n baie goeie ma, vrou vir haar man, ‘n vervaardiger, ‘n invoerder, ‘n bestuurder, ‘n grondbesitter, ‘n boer, ‘n kleremaker, ‘n stoffeerder en handelaar.   Haar lewe is ‘n inspirasie vir ons vandag en ek wil aan die miljoene vroue en moeders vandag hulde bring wat in ‘n tyd soos vandag   soos die Spreuke-vrou hard werk, lief is vir God, haar man gerespekteer en eer (soms in moeilike verhoudings), het andere bemoedig en aanmoedig, sorgsaam en besorg is oor die armes en hulle versorg, en met groot wysheid haar geld (skelm ‘n geldjie afknyp) bestee.   Sy het die vertroue van haar man gehad en en hulle gesin het aansien in gemeenskap geniet.

Oswald Chambers skryf aan sy vrou:   “When I consider how completely and nobly you have forgone all that other woman have and have been living in a literal hand to mouth experience (by faith) all transfigured by your great love for Him and for me, I must bow my head in dedication and devotion to God and say God bless thee”

Loof die Here vir Sy geskenk aan my op Valentynsdag, Moedersdag, Vroue Dag  en elke dag daarvoor en daarna.  Ons saluut julle as ‘n gawe van Hom. Gelukkige Moedersdag.

SEO Hele Site